Louis Bravo

Reeds as sesjarige, (1963) eerste Potugese leerling aan Prinshofskool vir swaksiendes in Pretoria, het Loui Bravo onder baie moeilike onstandighede, as lid van die skoolkoor, die leertjie begin klim wat hom eendag to bo sou vat! Luoui is 'n sprekende voorbeeld van Fillepense 4:13 en kan saam met Paulus verklaar,: "ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee".

Deur donker beproewings en diep water het die Liewe Heer met Loui 'n pad geloop en hom nooit wees agtergelaat nie. Vandag het Loui reeds vier CD's op die winkelrakke waarvan 2 deur hom gesing word nl. Visserman en Jesus maak jou vry! asook twee wat slegs instrumentale inspirasie bevat wat jou siel oopsluit, sodat die golwe van God se genade en liefde deur jou kan spoel naamlik Gunsteling Liedere uit 3 Susterkerke 1 en 2.

Met al sy kennisse en familie in Portugal, moes Loui na sy koshuisjare op skool, sonder ouers en familie se ondersteuning en bystand sy eie paadjie in Suid-Afrika oopkap. Daar was baie berge om te oorkom, maar Loui het gou besef waar sy hulp vandaan kom en met die grootste liefde in sy lewe, "voedsel vir jou siel" het hy saam met God elke uitdaging tot vandag toe die hoof gebied. Met sy klawerbord en tipiese "Gé Korsten-stem", seën Loui gehore en gemeentes gereeld met Geesgeinspireerde musiek en sang waarmee God se lewe inkleur.

Loui weet dat God aan hom 'n waardevolle talent en instrument geleen het, en hy het gekies om die Koning van sy hart ten volle daarmee te vereer en te dien. Met sy sangbediening maak hy ons opnuut bewus van ons Vriend in 'n donker wêreld, ons Trooster Jesus Christus.

Die realiteit van Loui se swaksiendheid, veroorsaak dat hy nie self 'n motor na konserte en optredes kan bestuur nie. Hierdie sanger en talentvolle musikant is dus geheel en al afhanklik van die besige mense om hom. Uiteraard veroorsaak dit dat hy nie sy volle potensiaal vir God se werk kan bereik nie.

Loui nooi mense om inspraak in sy lewe en vra dat soos die Heilige Gees dit op u hart lê, hom met moontlike voorstelle te kontak, asseblief.

DONASIES:
Indien die Here dit op u hart lê om 'n bydrae te maak en sodoende te help met die uitbreiding van die Hemelse Koninkryk kan u vir Loui kontak deurmiddel van die Kontakinligtingsbladsy.

Fondse sal gebruik word vir herstel en opgradering van musiektoerusting, optredes, asook hulp te verleen aan ander sangers met die opnames van CD produksies.

Loui Bravo bid dat elkeen saam met Jabes sal vra: "Here vergroot asseblief my grondgebied".

hosted by NationWideHost - copyright 2011