 |
 |
Luiz Manuel Bravo (beter bekend as Loui Bravo) is 'n merkwaardige sanger en musikant wat deur diep waters gegaan het om te kom waar hy vandag is met sy musiekloopbaan. Uithouvermoëe, Deursettingsvermoëe, Vasberadenheid, Geloofwaardig, Hoopvol ensomeer is hoe 'n mens hom kan opsom.
Luiz het geglo in homself en geweet dat hy 'n talent van God ontvang het. Hy het geweet dat iewers op sy pad sal sy talent erkenning kry en dit het hom deur dik en dun laat deurdruk.
Vandag is die naam LOUI BRAVO bekend, as liedjie skrywer, musikant en sanger, in groot dele van Suid Afrika. Wanneer hy, as geestelike kunstenaar by gemeentes optree, is daar 'n merkwaardige salwing op sy sang en musiek.
Lees gerus deur sy Biografie en sien watter pad hy, sedert sy kinderjare, gestap het om uiteindelik sy doel te bereik. Kyk ook na sy beskikbare CD opnames of bespreek hom vir jou gemeente. | 
 |
|
 |
 |
|